logo_sabc_header

07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Groeipyne

Met Anthea Fredericks

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

RSG-radiodramaskryfkompetisie in samewerking met ATKV

Vanjaar vind die 28ste RSG-radiodramaskryfkompetisie plaas. Dit bied ‘n platform vir talentvolle skrywers om hulle kreatiwiteit ten toon te stel en hulle stories tot lewe te bring deur die boeiende medium van radio. Met ʼn totale pryspoel van R115 000 bied vanjaar se kompetisie aansienlike pryse vir deelnemers. Die sluitingsdatum is 30 Junie om 08:00. Klik op die hulpbronne hieronder vir meer inligting.

Klik hier om al die belangrike dokumente af te laai: https://www.rsgplus.org/rsg-atkv-2024-radiodramakompetisie

Foto's en Video's

Anthea Fredericks

Donderdag: 11:30 - 12:00

Ouervervreemding is ‘n verskynsel wat ‘n verwoestende uitwerking op gesinne en families kan hê. Marietjie Havenga, ‘n onderrig- en leerspesialis van Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum, het navorsing hieroor gedoen, en deel haar insigte vanuit ‘n onderwysperspektief.

Geen aanbieders

Donderdag: 14:45 - 15:00

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie
Regie: Denver Vraagom
EPISODE 3:
Barend besoek dominee Malan om te probeer bepaal in watter emosionele toestand hy is oor sy vrou wat weggeloop het saam met ‘n skatryk boer van Oppie Berg. Jolene vertel vir Ronel dat Lionel nie goed reageer op die voorstel dat hulle skenker-inseminasie gebruik om ‘n baba te hê nie. Ester is geskok wanneer sy by Jolene verneem haar eks-man Sammy gaan uit die tronk vrygelaat word.

Mart-Leen Oosthuizen

Donderdag: 19:30 - 20:00

Mart-Leen Oosthuizen  gesels met twee sjefs oor die opleiding van sjefs, die verskeie werksgeleenthede wat daar is, en wat die opleiding alles behels.

Johan Rademan

Donderdag: 20:00 - 20:30

WUPPERTAL: STAP VIR STAP DIE TOEKOMS IN deur Johan Rademan
Op Oujaarsaand in 2018 breek ‘n verwoestende brand op Wuppertal in die Cederberge uit. Skaars twee jaar later oorstroom die Tra-trarivier die Morawiese sendingdorpie. Johan Rademan het die RSG-mikrofoon tot in die hartjie van die 1830-dorpie geneem, en met gemeenskapsleier Barend Salamo as gids, gekyk hoe sake nou staan. Hulle het ook van die 16 buiteposte besoek tussen asemrowende rotsgesteentes. Tussen rooibos en askoek in jou Wuppertal-vellies sal jy jubel en juig en rieldans wanneer jy die Woeperdallers hoor praat.

Terrance April

Donderdag: 21:20 - 22:10

Luister na ’n deel uit een van Paganinni se sonatas vir viool en kitaar; Josef Iwanowitsji se DONOU-GOLWEWALS; en Liszt se transkripsie van ‘n lied van Schubert, AUF DEM WASSER ZU ZINGEN.

Eloise Pretorius

Vrydag: 05:25 - 05:55

Op 8 Maart 2024 word geskiedenis in klimaatsbestuur gemaak. Die Minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, verduidelik wat vir die eerste keer gaan plaasvind. Dr. Ilse Trautmann, Adjunkdirekteur: Landbou-navorsing en Regulatoriese Dienste by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, vertel van haar wedervaringe by die onlangse Green Week in Berlyn. Johan Botes, die president van die Beaufort-Wes Landbou-skou, vertel waarna besoekers vanjaar kan uitsien. Ons vind ook uit wat skaapsielkunde behels.

Lise Swart

Vrydag: 11:30 - 12:00

Ons fokus op raar-maar-waar-fobies. Hoekom ervaar sommige mense hierdie onbeheersde vrees? Waar kom fobies vandaan?

Geen aanbieders

Vrydag: 14:45 - 15:00

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie
Regie: Denver Vraagom
EPISODE 4:
Wilma vra vir Lionel om haar petisie te onderteken, maar hy wil nie betrokke raak nie. Ronel kla by Ester oor Wilma se gedrag. Sy glo Wilma is eintlik die een wat die dorp se toerisme skade aandoen. Manie praat sy mond verby, en breek die nuus aan Lionel dat Sammy Fortuin uit die tronk kom.

Geen aanbieders

Vrydag: 19:20 - 19:30

Die spesiale kameelperd.

Fliekrubriek

one-day-1

One Day (Minireeks)

7/10
Die storie loop rond dat ‘n bewonderaar van Leo Woodall, wat die hoofrol in ONE DAY speel, vir hom…
Can-I-Tell-You-A-Secret-1

Can I Tell You A Secret? (Minireeks)

6/10
Agtervolgers of stalkers is nie meer nuus nie. In die onthutsende twee episodes van CAN I TELL YOU A…

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media:

Close Menu